In jou gedachtes – Herman van Veen / Alida Bothma

19.95

In jou gedagtes kan jy orals wees, in die hemel sonder om eers dood te gaan, en hop-hoppetie-hop oor die Himalajas … In jou gedagtes kan jy wees net wat jy wil, en ook alles word. Soos ’n walvis wat kan vlieg. Of ’n rob wat kan lees. In jou gedagtes kan jy doen wat jy glad nie kan doen nie. Jy kan hê net wat jy wil, en begryp wat jy nie verstaan nie. En weet dat die tyd net ’n grappie van die son is.

In jou gedagtes is ’n atmosferiese prenteboek oor hoe jy in jou gedagtes byna enigiets kan vermag. Jou gedagtes stel jou miskien selfs in staat om te begryp hoe ’n kindjie kan doodgaan, en ’n oupa gebore kan word.  “Hierdie boekie het ek geskryf,” sê Van Veen, “ná ’n geselsie met ’n man en ’n vrou wat my vertel het dat hul kindjie dalk nou ’n engeltjie is”. ’n Prenteboek oor lewe en dood, geskik vir jonk én oud.

Uitverkocht

Categorieën: ,

Beschrijving

OOR DIE OUTEUR

Herman van Veen is ’n musikant wat die wêreld platreis met liedjies en stories. Hy het ’n rak vol boeke geskryf en kilometers liedjies. Met ’n bietjie geluk sing hy nog minstens honderdduisend dae.

OOR DIE ILLUSTREERDER

Alida Bothma het Grafiese Ontwerp studeer aan die Kunsskool van die Technikon in Kaapstad. Nasionaal is sy bekroon met die M.E.R.-medalje vir Goue Fluit, my Storie is uit (1988); die Katrine Harries-medalje vir Al Everest se voëls en Die aarde moet vry wees (albei in 1985); en ATKV-toekennings vir Kariena Karyn (1993), Stippe Stappe Stories (1997) en Steweltjies na Wonderland (2000). Internasionaal is sy ook vereer met die NOMA Concours in Japan se meriete-toekenning vir illustrasies van Die Wit Vlinder (1994) en ’n brons-medalje vir Woordreise (2005). Sy en haar man woon in Greyton.

OOR DIE VERTALER

Zandra Bezuidenhout behaal in 2005 ’n doktorsgraad in eietydse poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Haar debuutbundel Dansmusieke (2000) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon en die tweede bundel Aardling het in 2006 Protea Boekhuis verskyn.